Gawies, japies, en brawe Hendrikke

VivA Afrikaans-joernaal - A podcast by Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) - Wednesdays

Categories:

Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofletter gebeur.