Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans

VivA Afrikaans-joernaal - A podcast by Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) - Wednesdays

Categories:

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ontstaan van die AGW ’n kort historiese oorsig gegee en die redes vir die hou van die AGW in Engels opgesom.