Kaplaks! loop sy in die ruit vas

VivA Afrikaans-joernaal - A podcast by Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) - Wednesdays

Categories:

Kaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan, word klanknabootsing, of onomatopee, genoem. Daaroor nou ’n entjie verder, en ook oor klankskildering.