Sewe opdragte vir taalonderrig

VivA Afrikaans-joernaal - A podcast by Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) - Wednesdays

Categories:

Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die klas. Vir nadenke oor raakpunte met Afrikaans, herhaal Jana Luther in hierdie podsending, sy volledige kommentaar in Afrikaans.